EmailMeForm
MY BOETIE SE SUSSIE SE OU | MEDIANAVRAAG
"My Boetie se Sussie se Ou" gaan 'n Kaapse draai maak en speel by die Hoërskool Durbanville vanaf 31 Oktober tot 2 November 2025.
In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Marissa Claasen) in Highgate gewoon het... en ook met sy vrou Barbara (Danielle Britz) in Finchley, net vier minute uitmekaar. Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se dogter en Gavin (Stefan Lotter), seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ‘n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith… wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy “kinders” uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe. En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Nico Loubser) opdaag vir ‘n vakansie , is die gort behoorlik gaar.
Die regisseur Frans Swart en die geselskap is beskikbaar vir vooraf onderhoude. Marissa Claasen, wat die rol van Mary vertolk, is in die Kaap gebasseer en is beskikbaar vir in-persoononderhoude. Die res van die geselskap en regisseur Frans Swart is in Gauteng, maar beskikbaar vir telefoniese of aanlynonderhoude.
Media verteenwoordigers kan ook aanvra vir die mediapakket deur die onderstaande vorm te voltooi!
Naam en van
*
Media organisasie
*
Posisie
*
Medium:
Kies een
Radio
Televisie
Koerant
Tydskrif
Aanlyn
Ander
Sel
*
E-posadres
*
Wil jy 'n mediapakket ontvang?
Kies een
Ja
Nee
Wil jy 'n vooraf onderhoud skeduleer
Kies een
Ja
Nee
Indien ja, met wie wil jy 'n onderhoud voer?
Kies een
Frans Swart (Regisseur)
Marissa Claasen (Mary Smith) - Kaapstad
Phillru van Achterbergh (John Smith) - Gauteng
Botha Enslin (Stanley Gardner) - Gauteng
Danielle Britz (Barbara Smith) - Gauteng
Nico Loubser (Dêda Gardner) - Gauteng
Nikita Meyer (Vicky SMith) - Gauteng
Stefan Lotter (Gavin Smith) - Gauteng
Wanneer sal jy verkies om die onderhoud te voer?
DD
/
MM
/
YYYY
Tyd
Hoe verkies jy om die onderhoud te voer
Kies een
In persoon (slegs Marissa Claasen)
Aanlyn
Telefonies
Vir telefoniese radio-onderhoude, gaan die onderhoud lewendig of vooraf opgeneem word?
Kies een
Lewendig
Vooraf opgeneem
Vir in-persoon onderhoude met Marissa Claasen, waar sal die onderhoud plaasvind?
Nota's